Saturday 21 July 2007

Juan Uys Arrested

It was reported on 702 Talk Radio this morning that Juan Uys also known as David Baxter, Neil Watson etc have been arrested at his mothers home in Kroonstad.

It Looks like at last the end is here

11 comments:

Anonymous said...

Juan Uys arrested
21/07/2007 13:52 - (SA)

Cape Town - A man believed to be Juan Uys - allegedly also known as Neil Watson from the SA Crime Expo website - was arrested in Kroonstad early on Saturday morning.

Superintendent Eugene Opperman has confirmed that Juan Uys is currently being held in Kroonstad and that he will appear in court in due course.

Juan Uys, a former chairperson of the Gay and Lesbian Alliance (GLA), is believed to be the man behind the controversial SA Crime Expo website, and is also suspected to be the blogger behind the SA Sex blog that hit the headlines earlier this year.

A policeman who was involved in his arrest told News24 that a man identified as Juan Uys was arrested at around 05:00 this morning at what was believed to be his mother's house in Kroonstad.

The arrest stemmed from an investigation that Andre Snyman of eBlockwatch and Associated Intelligence Network have been conducting into the mysterious Juan Uys.

Snyman has told News24 that he and the AIN have been tracking Juan Uys for some time.

When asked if the man arrested has been confirmed as Juan Uys, the policeman News24 spoke to told us that "there was no doubt in their minds" that it was Uys.

While there were no warrants for arrest for Uys in relation to any alleged involvement in the Crime Expo website, police used an unrelated warrant for charges of "fraud and forgery" to arrest him.

It is also being reported that it has been confirmed that Juan Uys is the man known as Neil Watson.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2151105,00.html

Anonymous said...

702 Eyewitness News has learnt that suspected fraudster Juan Uys, aka Neil Watson, has been arrested. He is the man behind the controversial Crime Expo website and it is also speculated he is responsible for a slanderous column naming and shaming a former rent boy’s high profile club.

Police have been searching for Uys for some time now in connection with a number of fraud cases he has allegedly committed. Community network e-Blockwatch says its members have assisted officials in tracking him down to his mother’s home in Kroonstad in the Freestate.

He was arrested in the early hours of this morning. Last year it emerged that Uys, who was linked to the dubious Gay and Lesbian Alliance, is in fact Neil Watson, the man responsible for the contentious Crime Expo website.

In the past few months, Uys made headlines when Independent Democrats member Simon Grindrod claimed he was the former rent boy who named and shamed several high profile former clients on his website.

www.702.co.za

Anonymous said...

Rapport Frontpage (Afrikaans)

21/07/2007 20:16 - (SA)
SA kuber-sekspes vas
ERNA VAN WYK

Die man wat daarvan verdink word dat hy Suid-Afrika se eerste ware kuberterroris is, is gisteroggend vroeg by sy ma se huis in Kroonstad vasgetrek.

Mnr. Juan Duval Uys (39), ’n verkleurmannetjie met verskeie identiteite, is na bewering die man agter ’n lasterlike blog waarin beweer is bekendes soos die rugbyspeler James Small, die singende predikant ds. Jan de Wet en die Kaapse OD-leier, mnr. Simon Grindrod, het ’n manlike prostituut besoek.

Uys is na bewering ook die man agter die omstrede misdaad-webtuiste www.crime-exposouthafrica.org, wat in 2006 tot in die hoogste regeringskringe opslae gemaak het. Die webtuiste is in die naam van ene Neil Watson, kastig ’n Kaapse sakeman, bedryf met die oogmerk om 2010-sokkertoeriste te waarsku teen Suid-Afrika se misdaad. Die vermoede is dat Uys die man was agter die webblad, wat later toegemaak is.

Vroeër in 2006 het Uys konsternasie gesaai toe hy beweer het 120 gay mense het vigsbesmette bloed geskenk. Hy het dit gedoen in die naam van die Gay and Lesbian Alliance – ’n sogenaamde gayregte-organisasie waarvan hy skynbaar die enigste lid was.

Gisteroggend om 04:00 is sy doppie egter geklink toe polisielede hom in Kroonstad uit sy skuilplek gaan haal het. Dit volg nadat lede van die teen-misdaadnetwerk, eblockwatch, asook ondersoekers van Associated Intelligence Network (AIN) die afgelope twee weke Uys se bewegings vasgestel het.

Volgens AIN se direkteur, mnr. Gert Olivier, het Uys die afgelope twee weke vryelik sy gang in Kroonstad gegaan en nie eens probeer om homself te vermom nie.

Uys is nie gearresteer op verskeie klagtes wat al teen hom ingedien is weens sy webbedrywighede nie, maar op ’n kleinerige aanklag van diefstal waarvoor ’n lasbrief in 2004 in Kaapstad teen hom uitgereik is.

“Die man is ’n gevaar. Hy is baie slim en het rekenaar- en joernalistieke agtergrond,” sê mnr. André Snyman, stigter van eblockwatch.

Hy sê hy het self deurgeloop onder Uys nadat hy sy lede verlede jaar gevra het om te help vasstel wie Neil Watson, stigter van die Crime Expo-webblad, is.

Snyman beweer Uys het hom hierna verskeie kere oor die foon gedreig. Snyman is ook op die webblad van onbehoorlike seksuele dade beskuldig.

Niemand is egter so verlig dat Uys gevang is as die Kaapse OD-raadslid mnr. Simon Grindrod nie. Hy is een van die vooraanstaande Suid-Afrikaanse mans wie se naam op die aanlyn-dagboek se sekslys verskyn het.

Hy het ’n klag van naamskending teen Uys ingedien en het ook verlede jaar klagtes van bedrog teen hom ingedien in verband met die Crime Expo-webblad. Die klagtes hou verband met geldelike donasies wat mense aan die webblad sou gemaak het. Dit het glo in die bankrekening van ’n J.D. Uys beland.

Dit was ook Grindrod wat ná sy eie ondersoek die eerste keer beweer het dat Watson en Uys dieselfde mens is. Hy het Uys ’n “kuberterroris” gebrandmerk.

“Ek was nooit bekommerd oor die aantygings wat hy teen my gemaak het nie. Hy is ’n onstabiele mens en dit is tragies dat een individu met sy onverantwoordelike dade soveel negatiewe persepsies oor groepe soos webbloggers en gay mense kon aanblaas.”

Volgens Grindrod is dit juis die internet-gemeenskap wat grootliks bygedra het tot die ontmaskering van Uys.

’n Anonieme polisielid by Kroonstad se polisiekantoor het gister gesê Uys lyk “nie soos iemand wat ’n misdaad kan pleeg nie”.

Gisteraand was dit nie duidelik nie of Uys Maandag eers in Kroonstad in die hof gaan verskyn en of hy vandag reeds na Kaapstad gebring sal word. Die saak word deur polisie se handelsmisdaadeenheid in die Wes-Kaap ondersoek.

Anonymous said...

Another Rapport Article

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2151379,00.html

21/07/2007 20:14 - (SA)
Soos Al Capone vasgetrek
ERNA VAN WYK

Juan Duval Uys het gedink hy is onaantasbaar. Toe word die vermeende kuberterroris gister vasgetrek op ’n geringe klag van diefstal: ’n Klein misdaad, net soos die Amerikaanse Mafiabaas Al Capone gevang is weens belastingontduiking en nie weens bendemisdaad nie.

Die net het stywer om Uys begin span toe die misdaadwebwerf eblockwatch private ondersoekers van Associated Intelligence Network (AIN) twee weke gelede genader het om Uys op te spoor.

Volgens mnr. André Snyman, stigter van eblockwatch, het Uys hom ook vroeër met SMS’e en oproepe geterroriseer en hy het ’n klag by die Sandton-polisiekantoor ingedien.

“Sedert ons mense verlede jaar gevra het om ons na mnr. Uys te help soek, het ons oproepe van oor die hele land gekry,” het Snyman gister gesê.

Uys se bewegings, asook die verskillende identiteite waarvan hy gereeld verwissel het, het duidelik geword. Hy het onder meer die name Neil Watson, David Baxter, Shaun Thompson en Skye gebruik.

“Ons doel was net om vas te stel waar hy is en om hom in hegtenis te laat neem,” het mnr. Gert Olivier, direkteur van AIN, gisteraand gesê.

Hy wou nie besonderhede verklap oor hoe Uys opgespoor is nie, maar het wel gesê ontleders van AIN kon op ’n gesofistikeerde rekenaarprogram vasstel dat hy gereeld tussen Kaapstad, Johannesburg en Kroonstad beweeg.

“Ons het vasgestel sy ma bly in Kroonstad en het spanne daarheen en na Kaapstad gestuur om hom dop te hou. Hy is verlede week in Kroonstad opgemerk en positief geïdentifiseer.”

Volgens Olivier het Uys die afgelope week daagliks verskeie kere sy ma se huis verlaat en later teruggekom. “Hy is in en uit en het geen poging aangewend om hom te vermom nie.

Dit het nie gelyk of hy bekommerd was nie.

“Ons agtervolgingsvoertuig het op ’n slag drie keer by hom verbygery. Hy het gedink hy is verhewe bo die reg.”

Daar is ook vasgestel dat Uys heelparty koerante gekontak het en die vermoede is dat hy advertensies wou plaas.

Vrydagaand het die opsporingspan, asook eblockwatch, die polisie in kennis gestel van waar Uys is.

Twee polisielede van Kroonstad het hulle gisteroggend vroeg by die opsporingspan aangesluit.

Omstreeks 04:00 het die polisie die huis binnegegaan en Uys in hegtenis geneem met ’n lasbrief vir diefstal wat glo reeds in 2004 in Kaapstad uitgereik is.

Die polisie het gisteraand bevestig dat ’n ondersoekspan van die Wes-Kaap onderweg na Gauteng is en dat hulle Uys Maandag in Kroonstad sal oplaai.

Hy behoort Dinsdag of Woensdag in die hof te verskyn.

Anonymous said...

and Rapport is not finish with him yet (3rd Article in same issue)

21/07/2007 20:14 - (SA)
Die spoor van ‘onsigbare’ Juan Uys...
ERNA VAN WYK

Die bedrywighede van Juan Uys, beweerde kuberterroris, het hom die afgelope tien jaar in omstredenheid gedompel:

November 1998 – Uys, leier van die Gay and Lesbian Alliance (GLA), kondig aan dat hy die Gay-en-lesbiërparty stig en dat dit in 1999 aan die algemene verkiesing gaan deelneem. Hy betaal egter nooit die registrasiegeld nie.

Sedert 1999 het die GLA verskeie veldtogte teen kerke, onder meer die NG Kerk en die AGS, oor hul beleid oor gay lidmate, gevoer.

5 Maart 2001 – Uys word in Pretoria op ’n aanklag van beweerde bedrog van sowat R20 000 in hegtenis geneem. Dit hou verband met sy suster se tjekboek en kredietkaart waarmee hy glo bedrog gepleeg het. Die aanklag word teruggetrek.

10 Oktober 2002 – Die GLA beplan om die name van nege Kaapse raadslede bekend te maak wat hulle glo in die jongste oorlopery by dié organisasie geskaar het. Niemand kom na vore nie en ander gay-organisasies distan-sieer hulle van die GLA.

2004 – Die GLA sê twee groepe, transseksuele en fopdossers, is nie welkom in die organisasie nie. Ander gay-organisasies kruisig die GLA.

2005 – Die GLA verkla ’n gay-klub, The Factory Club in Doornfontein, Johannesburg, by die departement van arbeid en die Menseregtekommissie omdat kelners glo kaalbas moes werk.

2005 – Exit, ’n gesaghebbende gaykoerant, bevraagteken die bestaansreg van die GLA en vra hoekom daar nie ’n gesig aan dié omstrede organisasie gekoppel word nie. Die koerant onthul ook dat die GLA se aansoek om registrasie as ’n politieke party vir die algemene verkiesing gekanselleer is omdat hy nooit aan die verkiesing in 1999 deelgeneem het nie.

Januarie 2006 – Die GLA dreig dat gay mans regoor die land 70 000 bloed­eenhede op oneerlike wyse gaan skenk uit protes teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se beleid dat mans wat met mans seks het, nie bloed mag skenk nie. Later word ook beweer dat 120 MIV-positiewe lede van die GLA reeds bloed geskenk het en gelieg het oor hul MIV-status.

Julie 2006 – Die omstrede webblad www.crimexposouth-africa.co.za word op die internet begin onder die beheer van Neil Watson, wat homself ’n Kaap- se sakeman noem. Gerugte begin die ronde te doen dat Uys en Watson dieselfde mens is.

Die Kaapse OD-raadslid mnr. Simon Grindrod dien ’n klag van bedrog teen Watson in Bellville in. Hy beweer geld wat deur die webblad geïn is, het in Watson/Uys se sak beland. Die webblad word beëindig.

April 2007 – Uys se naam duik weer op toe ’n omstrede blog waarin ’n eertydse manlike prostituut anoniem verskeie bekendes noem met wie hy glo seks gehad het, op die internet verskyn. Van die bekendes dien klagte in teen die webblad. Vroeg in Junie verdwyn die blog en Uys verdwyn.

21 Julie 2007: Uys word by sy ma se huis in Kroonstad vasgetrek op aanklagte van bedrog en vervalsing.

Anonymous said...

Front page article in the biggest Afrikaans sunday newspaper Rapport 22 July 2007

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2151384,00.html

Anonymous said...

2nd Article in the 22 July 2007 issue of Rapport

Soos Al Capone vasgetrek

Juan Duval Uys het gedink hy is onaantasbaar. Toe word die vermeende kuberterroris gister vasgetrek op ’n geringe klag van diefstal: ’n Klein misdaad, net soos die Amerikaanse Mafiabaas Al Capone gevang is weens belastingontduiking en nie weens bendemisdaad nie.

Die net het stywer om Uys begin span toe die misdaadwebwerf eblockwatch private ondersoekers van Associated Intelligence Network (AIN) twee weke gelede genader het om Uys op te spoor.

Volgens mnr. André Snyman, stigter van eblockwatch, het Uys hom ook vroeër met SMS’e en oproepe geterroriseer en hy het ’n klag by die Sandton-polisiekantoor ingedien.

“Sedert ons mense verlede jaar gevra het om ons na mnr. Uys te help soek, het ons oproepe van oor die hele land gekry,” het Snyman gister gesê.

Uys se bewegings, asook die verskillende identiteite waarvan hy gereeld verwissel het, het duidelik geword. Hy het onder meer die name Neil Watson, David Baxter, Shaun Thompson en Skye gebruik.

“Ons doel was net om vas te stel waar hy is en om hom in hegtenis te laat neem,” het mnr. Gert Olivier, direkteur van AIN, gisteraand gesê.

Hy wou nie besonderhede verklap oor hoe Uys opgespoor is nie, maar het wel gesê ontleders van AIN kon op ’n gesofistikeerde rekenaarprogram vasstel dat hy gereeld tussen Kaapstad, Johannesburg en Kroonstad beweeg.

“Ons het vasgestel sy ma bly in Kroonstad en het spanne daarheen en na Kaapstad gestuur om hom dop te hou. Hy is verlede week in Kroonstad opgemerk en positief geïdentifiseer.”

Volgens Olivier het Uys die afgelope week daagliks verskeie kere sy ma se huis verlaat en later teruggekom. “Hy is in en uit en het geen poging aangewend om hom te vermom nie.

Dit het nie gelyk of hy bekommerd was nie.

“Ons agtervolgingsvoertuig het op ’n slag drie keer by hom verbygery. Hy het gedink hy is verhewe bo die reg.”

Daar is ook vasgestel dat Uys heelparty koerante gekontak het en die vermoede is dat hy advertensies wou plaas.

Vrydagaand het die opsporingspan, asook eblockwatch, die polisie in kennis gestel van waar Uys is.

Twee polisielede van Kroonstad het hulle gisteroggend vroeg by die opsporingspan aangesluit.

Omstreeks 04:00 het die polisie die huis binnegegaan en Uys in hegtenis geneem met ’n lasbrief vir diefstal wat glo reeds in 2004 in Kaapstad uitgereik is.

Die polisie het gisteraand bevestig dat ’n ondersoekspan van die Wes-Kaap onderweg na Gauteng is en dat hulle Uys Maandag in Kroonstad sal oplaai.

Hy behoort Dinsdag of Woensdag in die hof te verskyn.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2151379,00.html

Anonymous said...

3rd Atricle in one issue on Juan Uys Rapport 22 July 2007

Die spoor van ‘onsigbare’ Juan Uys...

Die bedrywighede van Juan Uys, beweerde kuberterroris, het hom die afgelope tien jaar in omstredenheid gedompel:

November 1998 – Uys, leier van die Gay and Lesbian Alliance (GLA), kondig aan dat hy die Gay-en-lesbiërparty stig en dat dit in 1999 aan die algemene verkiesing gaan deelneem. Hy betaal egter nooit die registrasiegeld nie.

Sedert 1999 het die GLA verskeie veldtogte teen kerke, onder meer die NG Kerk en die AGS, oor hul beleid oor gay lidmate, gevoer.

5 Maart 2001 – Uys word in Pretoria op ’n aanklag van beweerde bedrog van sowat R20 000 in hegtenis geneem. Dit hou verband met sy suster se tjekboek en kredietkaart waarmee hy glo bedrog gepleeg het. Die aanklag word teruggetrek.

10 Oktober 2002 – Die GLA beplan om die name van nege Kaapse raadslede bekend te maak wat hulle glo in die jongste oorlopery by dié organisasie geskaar het. Niemand kom na vore nie en ander gay-organisasies distan-sieer hulle van die GLA.

2004 – Die GLA sê twee groepe, transseksuele en fopdossers, is nie welkom in die organisasie nie. Ander gay-organisasies kruisig die GLA.

2005 – Die GLA verkla ’n gay-klub, The Factory Club in Doornfontein, Johannesburg, by die departement van arbeid en die Menseregtekommissie omdat kelners glo kaalbas moes werk.

2005 – Exit, ’n gesaghebbende gaykoerant, bevraagteken die bestaansreg van die GLA en vra hoekom daar nie ’n gesig aan dié omstrede organisasie gekoppel word nie. Die koerant onthul ook dat die GLA se aansoek om registrasie as ’n politieke party vir die algemene verkiesing gekanselleer is omdat hy nooit aan die verkiesing in 1999 deelgeneem het nie.

Januarie 2006 – Die GLA dreig dat gay mans regoor die land 70 000 bloed­eenhede op oneerlike wyse gaan skenk uit protes teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se beleid dat mans wat met mans seks het, nie bloed mag skenk nie. Later word ook beweer dat 120 MIV-positiewe lede van die GLA reeds bloed geskenk het en gelieg het oor hul MIV-status.

Julie 2006 – Die omstrede webblad www.crimexposouth-africa.co.za word op die internet begin onder die beheer van Neil Watson, wat homself ’n Kaap- se sakeman noem. Gerugte begin die ronde te doen dat Uys en Watson dieselfde mens is.

Die Kaapse OD-raadslid mnr. Simon Grindrod dien ’n klag van bedrog teen Watson in Bellville in. Hy beweer geld wat deur die webblad geïn is, het in Watson/Uys se sak beland. Die webblad word beëindig.

April 2007 – Uys se naam duik weer op toe ’n omstrede blog waarin ’n eertydse manlike prostituut anoniem verskeie bekendes noem met wie hy glo seks gehad het, op die internet verskyn. Van die bekendes dien klagte in teen die webblad. Vroeg in Junie verdwyn die blog en Uys verdwyn.

21 Julie 2007: Uys word by sy ma se huis in Kroonstad vasgetrek op aanklagte van bedrog en vervalsing.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2151380,00.html

Anonymous said...

Sunday Times Article

Ace team tracks down wham-bam blog man

Hi-tech surveillance nails suspected prostitute who used Internet site to name high-profile male celebrities as his clients.

Sophisticated computer tracking technology led private detectives and police to the front door of the suspected prostitute blogger who caused a scandal by naming male South African celebrities as his clients.

Two months after the anonymous online diary hit the headlines, a private investigation company tracked Juan Uys down to his mother’s house at Kroonstad in the Free State.

Among those who the author of the blog claimed had paid him for sex was Independent Democrats councillor Simon Grindrod, a rugby star, an entertainer, two journalists, a trend guru and a prominent Afrikaans church minister.

For the past eight months, Andre Snyman, founder of crime fighting website Eblockwatch, has been receiving abusive phonecalls at night from Juan Uys — the man he believes to be the blogger.

Using information from Eblockwatch members, Snyman built up a profile of Uys and approached the private investigation company, Associated Intelligence Network (AIN) to help find him.

A picture of Uys holding a cat features on the Eblockwatch site.

AIN director Gert Olivier said a sophisticated computer system called Memex, used by the FBI and the CIA, was utilised in collating the data.

"We found that he was spending lots of time near Pollsmoor Prison in Cape Town, had a postbox in North Riding in Johannesburg and was living with his mother in Kroonstad," Olivier said.

An AIN surveillance team watched the house for two days to positively identify Uys, before handing the information over to the Kroonstad police, who arrested him at 4am yesterday.

"Two and a half weeks ago, all the information we had on Uys was two cell numbers which didn’t work and a name which was spelt wrong," Olivier said.

"Within two days I had made telephonic contact and the net started closing."

Free State police spokesman Inspector Harry Nagel confirmed Uys’ arrest and said there had been two warrants – on charges of fraud and theft – out for his arrest.

Grindrod, who in May, opened a case of crimen injuria, welcomed news of the arrest saying it was "very good news".

"I am pleased he has been found and identified and is no longer an illusive character creating havoc. I now expect this individual to be held accountable for the irresponsible actions and hope the police are consolidating the charges pending against him from his days of the Crime Expo SA website and Gay and Lesbian Alliance."

Grindrod said one individual should never be allowed "to cast a shadow over a community of people".

The trend guru, who declined to be named, said he had not yet decided if he would press charges against Uys.

The rugby player, who asked not to be named, was not aware of the arrest and said he would follow up with his attorneys.

Uys, who uses the pseudonym Neil Watson, is also believed to be behind the fictional organisation the Gay and Lesbian Alliance and website Crime Expo South Africa.

Crime Expo, run by a Neil Watson, whom many believe to be Uys, aimed to expose the problem of crime in the country, with news, statistics, and overviews by type of crime.

It also featured gruesome reasons for tourists not to visit the country.

The crime website attracted massive interest and money in the form of donations, advertising and SMS revenue.

When the website disappeared, Grindrod laid a fraud charge against Watson at the Caledon Square Police Station in Cape Town.

As the head of the Gay and Lesbian Alliance, Uys said his "members" had contravened the South Africa Blood Transfusion Service’s policy of not accepting blood from sexually active gay men, by donating.

In 1999, Uys was running a Pretoria massage parlour when he was arrested after a man made a statement claiming he was dealing in child pornography and prostituting under-aged boys.

On the Afrikaans blog "SA Male Prostitute", the author called "Skye", described himself as a former male prostitute who had quit the sex industry after 10 years.

In e-mail correspondence with the Sunday Times, "Skye" said his main goal "was to get people to see the double lives that famous people live".

Snyman said the arrest was a triumph for Eblockwatch, as its members had worked together with AIN and the police to bring about justice.

http://www.sundaytimes.co.za/article.aspx?ID=521179

Anonymous said...

Blogger awaits transfer - police

The man allegedly behind bizarre internet sex claims against prominent South Africans will probably be transferred from Kroonstad to Cape Town sometime this week, said police.

Juan Duval Uys, 39, was arrested at the home he shared with his mother in Kroonstad on Saturday after a months-long investigation reportedly involving eBlockwatch, private investigators and the public.

The arrest was made on a warrant issued on a charge relating to fraud registered at Table Bay Harbour police station in Cape Town, said Superintendent Eugene Opperman.

He said information about Uys's whereabouts in Kroonstad was conveyed to Gauteng police, who sent it to their counterparts in the Free State. "They arrested him," he said.

Uys is accused of running the blog SA Male Prostitute on which he posed as a former male prostitute called Skye, named 16 prominent South Africans as his clients and threatened to name all 50 he claimed to have had sex with in the past 10 years.

According to the Sunday Times, he also claimed a guard of President Thabo Mbeki was a client and threatened to reveal private information about the president, raising the interest of the National Intelligence Agency.

Rapport described him as a "chameleon with various identities".

Police spokesperson Captain Elliot Sinyangana said on Sunday that Cape Town detectives were in Johannesburg on an investigation and would probably stop off in Kroonstad to pick up Uys on their way back on Monday or Tuesday.

Only once he was back in Cape Town would it be decided when he would appear in court.

Sinyangana said Cape Town police heard of the arrest for the first time on Saturday and detectives had not yet received any official documentation to this effect from Kroonstad.

As a result, it was known only that he was taken into custody on a warrant of arrest. Details of the exact charge against him were not known.

The Western Cape commercial crime unit had indicated that consultations about his arrest and transfer would take place on Monday.

The Sunday Times reported that Uys was arrested while running a massage parlour in 1999 when it was alleged that he was dealing in child pornography and prostituting under-aged boys.

In 2002, he blamed a "gay group" within the Democratic Alliance for a spate of sexual harassment allegations against him and claimed he was president of the Gay and Lesbian Alliance, according to the Sunday Independent.

Later that year, he threatened to name and shame "South Africa's worst homophobes", the newspaper added.

In January 2003 he was found to be a neighbour of one of the two men behind the bloody murders of nine men at a gay massage parlour in Sea Point.

At the time of the killings, he had claimed that his car had been vandalised and that the alliance's national congress had to be called off after a threatening visit by a known criminal.

In 2006, the Gay and Lesbian Alliance announced that HIV-infected members had donated blood.

The Sunday Times reported that Uys was also thought to be behind the controversial crime website, crime expo SA, which "featured gruesome reasons for tourists not to visit the country".

According to Rapport, the website intended to warn visitors to the 2010 soccer world cup against crime in South Africa. - Sapa

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=nw20070722132704435C498573

Anonymous said...

Police net alleged sex blogger Cape Argus

Juan Duval-Uys, the alleged mastermind behind a controversial anti-crime website and a slanderous male prostitute blog in which he "outed" a number of prominent South African men, was arrested at his mother's house in Kroonstad on Saturday.

Uys, the president and only apparent member of the Gay and Lesbian Alliance, who appears to use a string of aliases, has a number of outstanding warrants against him, including fraud and crimen injuria. He was finally arrested on a R250 theft charge.

Simon Grindrod, an Independent Democrats politician, expressed relief at the arrest, saying that Uys faced so many charges he was bound to get caught "sooner or later". Grindrod, one of 16 men named as having paid for sex with the male prostitute who called himself Skye, laid charges of crimen injuria with the police.

James Small, the ex-Springbok rugby player also named on the explicit rent boy website, said at the time it was a "sick fantasy".

Others named in the blog included a well-known Afrikaans singer, a radio personality, a dominee and gospel singer, a fashion guru and a married journalist.

It was written in Afrikaans with lurid details of his clients' alleged sexual requests.

Grindrod also laid a fraud charge against Uys, alias "Neil Watson", who ran the controversial Crime Expose South African website.

The website solicited money from people while urging tourists to boycott South Africa until crime was under control.

"I am very pleased he has finally been apprehended," Grindrod said. "The saddest thing, though, is that, through his insane actions, he has embarrassed the gay community and cast a cloud over the whole blogging fraternity."

Andre Snyman, the founder of the anti-crime organisation eBlockWatch, which helped police nab Uys on Saturday, said Uys would probably be transferred to Cape Town to face charges.

A Kroonstad police spokesperson confirmed the arrest, which took place at 5.10am on Saturday, and said Uys would be transferred, but could not say when or to where.

Snyman has been tracking Uys since December with the help of the community, who sent tips that were compiled into intelligence reports and handed to the police.

"He's been very elusive so it's a hell of a relief that he has finally been caught," he said.

Snyman said that Uys had been making obscene and threatening calls to his home.

"One night, he called me 35 times. I was scared that he would go a step further and actually harm me."

In June, reports emerged that the National Intelligence Agency was after the sex blogger when he claimed that one of President Thabo Mbeki's guards was a client of his. He had also threatened to reveal private information about the president.

Uys first hit the headlines in 2002 when he lashed out at Peter Marais, the then Western Cape premier, for claiming a "gay group" in the Democratic Alliance was behind a spate of sexual harassment charges against him.

Claiming to be the president of the Gay and Lesbian Alliance, he demanded that Marais step down.

Later that year, he threatened to name and shame "South Africa's worst homophobes", referring to Obed Mlaba, the mayor of eThekwini who, the year before, was forced to apologise after being quoted as saying: "Cape Town can stay with its moffies and its gays"

Then, in January 2003, following the bloody massacre of nine men at Sizzlers, the gay Sea Point massage parlour, Uys claimed that his car had been vandalised around the time of the attack.

He later announced that the organisation's national congress had to be called off after a "threatening" visit by a "known criminal" hours after the massacre.

Other gay and lesbian groups distanced themselves from the alliance when it stated it was registered with the Independent Electoral Commission as "the political voice of lesbigay South Africa".

It later emerged that Uys was a neighbour of Adam Woest, one of the Sizzlers killers. The other was Trevor Thys. Both men are serving life sentences.

In July 2003, in what appeared to be a publicity stunt, the Gay and Lesbian Alliance announced a name and identity change to the Death Penalty Party of South Africa.

In 2006, the organisation raised fears when it announced that its 100 000 male members would donate blood to the South African National Blood Service without disclosing their sexual orientation.

But it turned out to be a hoax, prompting other gay bodies to slam the alliance as just a "handful of crazy individuals".

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20070722082406889C787792