Tuesday 29 May 2007

Watson is weg - Kaapse Son

Watson is weg
Slang Jooste


Video van Die Burger

EN DAAR moet die kontroversiële website www.crimexposouthafrica.org toe die week sy internet-deure sluit.

Die site se main aim was om Suid-Afrika se toerismebedryf tot ’n val te bring.
Siteground.com, wat die host was van die site, het die rekening op ys gesit omdat crimexposouthafrica.org volgens hom talle kere rassistiese skeltaal en beledigings bevat het.

Kaapse Son het ook onlangs berig die site is ’n favourite van die ver-regse groepe van die VSA.

Die site is gestig deur ene Neil Watson.

Watson is egter nog nie met ’n oog gesien nie en hy staan ook nie onderhoude toe nie.
En nou gaan Simon Grindrod van die ID ’n klag van bedrog teen die site lê.
Hy dring ook aan op ’n kriminele ondersoek oor Watson.

Grindrod sê dinge dui daarop Watson is eintlik ene Juan Uys.  Volgens hom het Watson met die geld geduck ná die site gesluit is.

Kaapse Son was die eerste koerant met ’n exclusive berig op 10 November dat Watson eintlik Uys kan wees.

Uys is net so ’n kontroversiële karakter – hy word verbind met ’n arrestasie in 1999 vir die besit van kinderpornografie.

Hy was glo ook die eienaar van ’n gay bordeel en die mede-stigter van die Gay and Lesbian Alliance (GLA).

Die GLA het aan die begin van die jaar groot konsternasie veroorsaak toe hulle die Suid-Afrikaanse Bloedoortappingsdiens gedreig het van hul MIV-positiewe lede sal bloed skenk sonder om hul status bekend te maak.

En dit omdat die diens nie die bloed van gay mans wat binne die laaste vyf jaar seks gehad het, wou aanvaar nie.

Ná die berig in Kaapse Son op 10 November het crimexposouth­africa.org gesê Neil Watson beplan om Media24, Slang Jooste, The Citizen en sy verslaggewer te sue.
Die volgende dag het die site berig dis eerder Juan Uys wat ons sue.

En later is daar aangekondig Juan Uys word nou die site se politieke adviseur.
En Woensdag is die site gesluit. Volgens die Amerikaanse Site­ground.com is die site gesluit oor “abuse”.

Site­ground.com is na bewering met verskeie klagtes gebombardeer oor onvanpaste aanmerkings op crimexposouthafrica.org.

’n Ondersoek deur Siteground.com het talle “abusive” boodskappe in die forum op Watson se site ontbloot.

Siteground.com se kode sê die eienaar van die site se rekening is verantwoordelik vir alle inhoud en displays. Dit sluit die menings en opinies op die forum in.
Hulle beveel Watson om alle rassistiese en beledigende postings op die forum te verwyder.

No comments: